HOE OM “HER-EVALUERINGS BERADING” TE BEGIN

As jy al ooit van Her-evaluerings Berading en van die voordele daarvan gehoor het en jy wil dit graag op die proef stel, sal hierdie pamflet jou help om aan die gang te kom.

Kennis van Her-evaluerings Berading kan vir jou van nut wees, veral in die proses waardeer jy oor jou lewe nadink, maar dit is die praktyk van Her-evaluerings Berading wat die groot verskil sal maak. In sy eenvoudigste vorm bestaan die praktyk daaruit dat twee mense om die beurt na mekaar luister.

Baie mense dink dat wanneer twee mense ‘n gesprek voer, hulle na mekaar luister, maar wat ons hierna verwys is ‘n baie meer sorgvuldiger en effektiewe manier van luister. Dit is nie net om te luister nie, maar ook om noukeurig en sorgvuldig aandag te skenk aan die persoon na wie jy luister; om na te dink oor wat gesê word en oor wie dit sê. Sonder om die persoon in die rede te val of kommentaar te lewer op wat gesê word, maar slegs heelhartiglik luister na wat gesê word.

LUISTER NA MEKAAR OM DIE BEURT

Om te begin is baie eenvoudig. Al wat benodig word is twee mense. As jy ‘n vriend of kollega of eggenoot het wat dit saam met jou wil probeer, moet julle slegs tussen mekaar af spreek oor hoe lank julle sal kan spandeer aan die proses en wie se beurt dit sal wees om eerste te praat/luister. Dan al wat die ander persoon hoef te doen is om te praat oor enige onderwerp. Die luisteraar luister sonder onderbreking, of dat daar kommentaar gelewer word op wat die spreker sê, of dat die luisterraar sy of haar advies aan die spreker bedien. Die luisteraar moet ook nie sy of haar gevoelens oor die onderwerp uitspreek nie, ten minste nie in die tyd waarin hy of sy afgespreek het om na die ander persoon te luister.

Nadat die voorafbepaalde tyd verloop het word die rolle eenvoudig omgeruil. Die luisteraar kry nou die geleentheid om te praat oor enige onderwerp.

Dit is ‘n regverdige verruilling van tyd. Niemand skuld die een die ander enige iets nie. In die algemeen kan albei partye verfris voel en beter dink (oor sekere aspekte van hul lewens) Beide partye sal ook, heel waarskynlik die ondervinding geniet.

Dit sal iets goeds wees om te doen wanneer jy ookal ‘n kans kry. Jy sal vind dat soos jy luister op hierdie manier sal jy die ander persoon baie beter leer ken en meer van die ander persoon hou.

Jou vermoë om te luister word ook beter met die verloop van tyd. Die hele proses verbeter met die verloop van tyd. Hoe meer jy dit gebruik hoe beter word die proses.

Beurte of “sessies” in Her-evaluerings Berading kan so lank soos jy dit wil hê wees. Net vir so lank as wat beide persone tyd voor het. Slegs ‘n paar minute aan hierdie proses gespandeer sal ‘n verskil maak in hoe jy kan dink of funksioneer. Twee ure verdeeld tussen twee mense kan ‘n veel groter veskil maak.

OM GEVOELENS UIT DIE WEG TE RUIM

Dit kan soms gebeur dat die “spreker” of “klient” begin lag of huil of harder praat of selfs bewe of gaap. Al hierdie dinge is heeltemal in die hak. Dit is slegs ‘n aanduiding dat die persoon gespanne voel oor die onderwerp waaroor hy of sy praat. Die persoon mag dalk ‘n bietjie ge-embarraseerd of selfs bedroef is. Hy of sy mag selfs fisiese ongemak verduur. Op hierdie manier word die persoon bevry van hierdie gevoelens van spanning. Hy of sy word “on ge-emabarraseer” deur te lag. Ons verwys na hierdie proses as “ontlading”. Die luisteraar of berader kan ingenome wees met die spreker of klient wat besig is om te ontlaai. As die klient sou ophou kan die berader hom of haar verseker dat dit in die hak is om so van sy of haar opgegaarde emosies ontslae te raak.

WAT DINK JY?

Hierdie is die basiese idee van Her-evaluerings Berading. Twee mense wat om die beurt na mekaar luister. Jy kan baie veranderinge in jou lewe aanbring deur slegs hiervan bewus te wees en gebruik te maak.

As jy op hierdie oomblik besig is om hierdie artikel saam met iemand te lees is, kan julle dalk vir ‘n paar minute ophou lees en hierdie proses probeer. Julle kan dalk vir tien minute na mekaar luister. As die tyd verstreke is kan julle met mekaar jul indrukke oor die proses deel.

Nadat jy vir ‘n paar keer ‘n mede-berader sessie gehad het, neem tyd om oor die ondervinding na te dink en met jou maat te bespreek. Het jy daarvan gehou dat iemand met onverdeelde aandag na jou luister? Het jy dit geniet? Sou jy graag daarmee wou voortgaan? Lees dan gerus verder oor hoe om dit beter te kan doen.

WAT OM ‘N SESSIE TE DOEN

Om na mekaar te luister sonder onderbreking word ‘n “sessie” genoem. Verder in hierdie artikel sal ons voorstelle maak van moontlike tegnieke waarmee jy in jou sessies kan eksperimenteer.

“Nuut en goed”

‘n Goeie manier om ‘n sessies te begin is om jou berader van iets goed of nuut in jou lewe te vertel. Dit kan enigiets wees, klein of groot. Dalk ‘n sonsondergang wat jy die vorige week gesien het, ‘n nuwe werk of ‘n probleem wat jy onlangs opgelos het. Dit help ‘n mens om op te let dat daar wel dinge in ‘n mens se lewe is wat goed gaan. Wat “punt in die wind” gaan. Dit is veral belangrik as jy ontmoedig voel. Dit help om uit te wys dat dinge nie so sleg is soos dit voel nie. Party mense spandeer hulle hele sessie aan dinge wat goed en nuut in hulle lewens is.

Onlangse onstellinge

As iets onlangs gebeur het wat jou dalk ontsel het sal jou sessie ‘n goeie plek wees om daaroor te praat. Jy kan so min of so veel van die besonderhede uitlê soos jy wil. Jy kan die storie een maal vertel of jy kan die storie baie kere oor en oor vertel. Jy mag selfs vind dat die probleme word minder opsigtelik so meer jy daaroor praat in ‘n setting waar jy nie gedurig met ander mense se advies bedien word, of waar hulle nie altyd jou probleme vir jou probeer oplos nie. Jy sal vind dat jy meesal met goeie oplossings vir jou eie probleme kan opkom as iemand na jou luister terwyl jy daaroor nadink en alles vertel veral as die luisteraar vol vertroue is dat jy jou probleme sal kan oplos.

Probleme van die verlede

Nadat jy jou beurt as klient gebruik het om oor onstellinge te praat, kan jy of jou mede-berader na ‘n rukkie, vra of hierdie ontsteltenis al vantevore plaas gevind het. Het jy al vantevore so gevoel? Wanneer? Jy sal waarskynlik vind dat daar altyd ‘n vorige situasie was waarin jy so gevoel het of wat in een of ander manier met die huidige onstellende stiausie ooreenstem. Dat sal duidelik wees dat hierdie ou gevoelens van die verlede nog iewers in jou geheue dwel. Hierdie ou gevoelens voeg meer verwarring by die huidige situasie by. As jy oor die vorige sitausie kan praat - wat gebeur het; hoe jy gevoel het en wat sommige van die ou pynlike gevoelens was, sal jy vind dat jy sommige van die ou gevoelens kan ontlaai. Dit sal jou ‘n beter varsser perspektief op die huidige sitausie gee.

Lewens verhale

As jy eendag by jou mede-berader sessie opdaag en daar is niks anders om oor te praat nie, vertel gerus die storie van jou lewe. Die meeste mense kry nooit die geleentheid om die stories van hul lewens te vertel nie. En dit is nodig vir meeste mense om die stories van hul lewens te vertel. Sekere gebeurtenisse pynlik of nie, sal as meer belangrik as ander voorkom. Keer terug na hierdie gebeurtenisse en vertel die stories oor en oor. Om die geleentheid te hê om hierdie stories oor en oor te vertel, terwyl iemand werklik en aandagtig na jou luister, kan ‘n groot verskil maak aan jou vermoë om oor sekere moeilike sake na te dink. Pynlike gevoelens oor wat in die verlede gebeur het (selfs dinge waaroor jy dink as “in die verlede”) kan na die oppervlak kom en ontlaai word. Dit sal jou vermoë om helder te dink, verbeter. Goeie ondervindinge van vorige tye, wanneer oor na gedink en gepraat word, kan ook help om van die negatiewe gevoelens ontlsae te raak . ‘n Mens kan so jou positiewe perspektief op die lewe herwin.

Jy kan jou lewensverhaal op baie verskillende maniere vertel. Jy kan jou storie as ‘n man of ‘n vrou of enige van die rolle wat jy in jou lewe aaneem. Jy kan jou lewensverhaal in verhouding to ‘n belangrikke gebeurtenis of saak byvoorbeeld geld vertel. Verskillende gevoelens kan ervaar word met veskillende benaderinge. En jy sal die kans kry om na die verskillende aspekte van jou lewe te kyk en ‘n nuwe uitgangspunt te kry.

SELF WAARDERING

Vir baie ervare beraders is dit vanselfsprekend dat alle mense op een of ander maniere ge-invaludeerd en gemishandel was (somige meer as ander) soveel so dat dit moeilik is vir meeste mense om goed oor hulself te voel. Ons was almal geblameer en gekritiseer toe dit nie ons fout was nie en toe ons eintlik ons bes probeer het. Baie leuens en onwaardhede is oor ons vertel. Ons is vertel dat as ons van onself hou, dat ons “verbeelderig” is. Dit is eenvoudiglik nie waar nie. Mense hoort goed oor hulself te voel. Ons behandel mense beter hoe beter ons oor ons self voel.

In die mede beraders sessie, as dit jou beurt is om te praat, vertel jou berader van al die aspekte van jouself waarvan jy van hou. Praat met ‘n stemtoon van trots, nie “hoogmoedigheid” nie, net trots. Jy sal dit moeilik vind, maar hou vol. Moenie ophou as jy bevind dat jy begin lag, huil of enige ander vorm van ontlading. Waardeer alles omtrent jouself. Alles. Jy sal dalk oplet dat sekere aspekte van jouself mag meer moeilik wees as ander aspekte om te waardeer, byvoorbeeld hoe jy lyk (jou voorkoms) of hoe intelligent jy is. Fokus veral op hierdie aspekte. Jy sal heel waarskynlik kan onthou tye toe mense jou ge-kritiseer of geblammeer het. Hierdie voorbeelde sal goed wees om oor te praat in ‘n sessie.

Doelwitte

Jou lewe kan beter verloop as vir jouself doelwitte stel. Jy kan ook doelwitte wat jy in die verlede vir jouself gestel het her-oorweeg. Dit kan nuttig wees om in jou sessies oor al jou doelwitte te praat. Jy kan, met die aandag van ‘n ander persoon oor verskeie aspekte van jou lewe praat. Praat oor wat jy in jou lewe wil bereik, môre, volgende week; volgende jaar, in die volgende vyf of twintig jaar of in jou leeftyd wil bereik.

Soos jy oor elk van jou toekoms tydperke praat, dink oor die stappe wat jy moet neem om daardie doelwitte te bereik.

Oorweeg af en toe jou doelwitte te en enige struikelblokke in jou pad kan dit dalk makliker maak om jou doelwitte te bereik.

Laat ontlading voortgaan

Jy sal dalk oplet dat jy somtyds lewendiger praat of selfs begin lag, huil of bewe of sweet of gaap (al hiedie is manifestasies van ontlading) moenie na ander onderwerp haas nie. Dit mag baie goed wees en wat jy gesê het kan gerus weer gesê word. Wat jy gesê of gedoen het toe die ontlading begin het, kan weer gesê of gedoen word. Herhaal dit tot die ontalding ophou. Die grootste voordeel van die mede-beradings proses is juis diè ontlading van spanning. Dit maak dit moontlik om op nuut oor sekere aspkete van jou lewe na te dink in maniere wat vantevore deur inhibisies teruggehou was.

Hoe om ‘n mede-beradings sessie te beëindig

Aan die einde van ‘n mede beraders sessie, veral as jy oor ‘n onderwerp gepraat het wat vir jou moeilkik was, neem ‘n paar oomblike om jou gedagtes in ‘n ander rigting te stuur. Jy kan dink aan iets waarna jy uitsien, of ‘n ander eenvoudige onderwerp waaroor jy nie gespanne voel nie soos byvoorbeeld die naam van jou vriende of landskap of iets moois. Dit sal jou help om ontspanne te wees sodat jy die rol van berader kan vervul of aangaan na jou daaglikse aktiwiteite.

Dit sal die beste wees as die twee partye betrokke by die mede-beraders sessie ooreenstem dat wat in die sessie gesê was vertroulik gehou sal word. Hulle kan ook ooreenstem om nie die een die ander hiervan te herinner nie. Hou ook in gedagte dat alkohol en dwelmmidels die ontladings proses inhibeer.

Ondersteunings Groepe

Behalwe sessies tussen twee mense is daar ook nog ander vorme van Her-evaluerings Berading. Hierdie sluit in die ondersteuningsgroep as een voorbeeld van ‘n Her-evaluerings Berading aktiwiteit.

In ‘n ondersteunings groep kom ‘n paar mense bymekaar in ‘n groep en luister om die beurt na mekaar. Elke persoon kry om en by ‘n gelyke hoeveelheid tyd om na geluister te word.

Een persoon tree as die leier van die groep op. Hierdie persoon help die groep om te besluit hoeveel tyd om aan wat te spandeer, wie eerste ‘n beurt moet kry ensovoorts. Wanneer almal hul beurte gehad het kan die vergadering verdaag word. Elke persoon kan dan sê wat hy of sy geniet het omtrent die vergarering en waarna hy of sy uit sien. (in die toekoms)

Ondersteunings groepe kan so dikwels ontmoet so dit wil of wat sin maak vir die lede. Die groep kan bestaan uit vreinde, mede werkers, bure of eninge mense wat dieselfde belangstellings het. Dit kan ook bestaan uit uit mense van dieselfde agtergrond, wat aandagtig na mekaar luister Dit kan mense help om na mekaar te luister en om verlig te voel oor dinge wat hulle nie normaalweg oor kan praat nie.

Daar is ondersteuningsgroepe vir vroue, mans, jongmense, werkersklas mense of mense van ‘n sekere etniese oorsprong of godsdienstige agtergrond, gerstermdes, kunstenaars of enige ander groep met ‘n gemeenskaplike identiteit.

Lede van sulke ondersteuiningsroepe kan dan dalk vriende hê wat hulle na die groep wil nooi. Dit is een goeie manier om nuwe mense aan Her-evaluerings Berading voor te stel. As die groep te groot word kan dit in twee verdeel word en ‘n nuwe leier kan vir die tweede groep gekies word. Beide greope kan groei en weer as dit te groot word kan dit verdeel. Omtrent so agt mense is die makismum getal mense wat in ‘n ondersteuningsgroep hoort. Onderstenings groepe kan tog wel funksioneer in groter of kleiner groepe. Wanneer ‘n groep in twee verdeel skep dit ‘n ideale geleentheid om ‘n nuwe leier op te lei.

Ondersteunings groepe is ‘n goeie forum vir mense van dieselfde agtergrond om te praat oor wat vir hulle moeiklik of genotvol is om ‘n lid van ‘n groep te wees. ‘n Mens kan sê wat jy hou van jou groep of wat jy wens ander mense sal verstsaan omtrent jou mense. ‘n Mens kan ook jou wense en drome uitspreek en ook wat jy sou wou gedaan sien in verhouding tot ‘n groep mense.

Byvoorbeeld in ‘n vroue ondersteuniingsgroep, kan elke vrou ‘n geleentheid kry om te sê wat sy hou van omtrent haar rol as ‘n vrou in die sameleweing, wat vir haar moeilik is, wat sy wou hê mans moet verstaan omtrent vroue. Sy kan sê hoe sy wou hê vrouens se lewens moet verbeter en maniere waaarop sy ander vrouens sou wou bereik.

Mense wat in ondersteunings groepe is kan dikwels veranderinge in hulle lewens aanbring wat hulle nie andersins sou kon nie.

AS JY MEER WILL LEER

As jy Her-evaluerings Berading probeer het en jy besluit dat jy meer daaromtrent wil leer, kan jy die Her-evaluerings Berading hoofkantoor kontak. Jy kan dan navraag doen oor die mede-beraders wat naaste aan jou woon. Jy kan dan ook die begin publikasies betsel. Hier is ‘n lys van publikasies:

The Human Side of Human Beings
The Fundamentals of Co-Counselling Manual
The Art of Listening
An Introduction to Co-Counselling
The Human Situation
Present Time

As jy ‘n video masjien of ‘n kassette speler het kan jy van die vele beskikbare audio of video kasette bestel. Iemand by die hoof kantoor kan jou inlig oor watter goed sal wees om mee te begin.

As jy nie kan bekostig om te betaal vir die literatuur nie, verduidelik dit aan die persoon met wie jy op die telefoon praat en vra of dit moontlik sal wees om geborg te word vir die onkoste van die literatuur.

As jy baie geintresseerd is daarin om meer omtrent Her-evaluerings Berading te leer en as jy dalk weet van meer mense wat gretig is om meer te leer, dan mag ons heel waarskynlik vir jou van hulp wees om met hierdie mense in aanraking te kom. Dit mag dalk moontlik wees om ‘n onderwyser na jou toe te stuur. Of dit mag slefs moontlik wees om ‘n lid van jou groep na ‘n bestaande klas of groep te bring.

Daar is ‘n Her-evaluerings Berading “website” op die Internet, wat baie inligting oor Her-evaluerings Berading bevat. As jy in ‘n area is waar daar nog nie Her-evaluerings Berading klasse beskibaar is nie, maar jy sou graag meer wil leer kan jy dalk ‘n “online” klas van baat vind.

Mense wat Her-evaluerings Berading gebruik het gevind dat dit hulle help om beter te dink, beter verhoudinge met ander mense aan te gaan, om op te staan vir dinge waarin hulle glo en om die lewe meer te geniet. Mede Beraders word gewoonlik “slimmer” so hulle Her-evaluerings Berading gebruik en word ook beter in hul gebruik van die proses. Hierdie mense leer ander hoe om hierdie Her-evaluerings Beradings proses te gebruik en leer hulle hoe om andere daarvan te leer. In sekere plekke gebruik baie mense hierdie proses, hulle hou klasse, werkswinkels almal leer van almal en moedig mekaar aan.

Daar is literatuur gebpubliseer in meer as 30 tale, geskrywe deur mense die wêreld oor, met inligting oor Her-evaluerings Berading en Her-evaluerings Berading situasies en mense wat die prosses gebruik. Daar is ‘n paar reëls wat in ‘n boekie (Die Grondreëls) saamgevat is. Hierdie reëls help mede-beraders om dinge goed geörganiseerd te hou.

Voorspoed!

Afrikaans Translation of How to Begin "Re-evaluation Counseling"
Copyright © 1996, 2002 Rational Island Publishers.


Last modified: 2022-12-25 10:17:04+00